Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Alias

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 180.00

Quick Overview

Nog ’n magiese jeugverhaal uit die pen van die ATKV-Woordveertjiewenner Celeste Slabber-Loriston! As jy hou van buite die boks dink en die bo-natuurlike, is hierdie boek vir jou! ’n Magiese jeugverhaal wat ook elemente van reïnkarnasie bevat. Emily en Jessica se stories begin eeue ná mekaar – een op ’n plaas in die 1800’s en die ander in ’n arm woonbuurt in 2018. Maar tog deel hulle stories dieselfde elemente soos die towerboek, gloeiende rok en onheilspellende figuur in die woud … So ís dit verskillende stories? Sal die donker woud die antwoorde bring waarna hulle soek?

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartebeespoort. Sy verwerf ’n BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus. Sy is mede-eienaar van Story Team, ’n opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl wil graag haar leser deel maak van die wêreld van die karakters. “Ek het ’n passie vir skryf en wil graag my lesers op ’n opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring. Ek wil graag hê my lesers moet verdwaal in die wonderlike wêreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.”

In 2019 wen sy die ATKV-Woordveertjie vir haar debuut-jeugroman, Jinx.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485312130
Author Celeste Slabber-Loriston
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 152
Published Date 2 Oct 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Jeugverhaal
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.