Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Die gladde stiltes in glas

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 195.00

Quick Overview

Digter en resensent Nini Bennet het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: “Hierdie bundel betrek glas as uitgebreide metafoor in al sy betekenisassosiasies, byvoorbeeld, lig, water, klip, rots, sterre, prismas, kristal, ensovoort. Glas is sterk, dog broos en breekbaar. Verse oor die natuur, die liefde en die aard of besinnings oor poësie as ambag – oftewel Ars poëtikale poësie – vind hul beslag ... dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die manuskrip konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is.”
OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Louis Esterhuizen is ’n geliefde en gerespekteerde digter. Sy oeuvre bestaan uit tien bundels en heelwat van sy verse is opgeneem in gesaghebbende versamelpublikasies. Hy is sedert 2017 teksredakteur en manuskripontwikkelaar nadat hy vir jare werksaam was as boekhandelaar by Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Saam met sy vrou, die digter Marlise Joubert, is hy medepionier en stigterslid van die webblad, Versindaba. Esterhuizen is in 2011 bekroon met die Protea Poësieprys vir Wat die water onthou. Die gladde stiltes in glas sal die elfde digbundel op die digter se kerfstok wees.

PUBLIKASIES::
Stilstuipe (Human & Rousseau 1986)
Op die oog af (Human & Rousseau 1988)
Die onderwaterweg (Human & Rousseau 1996)
Patzers (Human & Rousseau 1997)
Opslagsomer (Human & Rousseau 2001)
Liefland (Protea Boekhuis, 2004)
Sloper (Protea Boekhuis, 2007)
Wat die water onthou (Protea Boekhuis, 2010)
Amper elders (Protea Boekhuis, 2012)
Die afwesigheid van berge (Human & Rousseau, 2014)

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485311553
Author Louis Esterhuizen
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 128
Published Date 28 Aug 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Poësie
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.