Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Om Hennie Aucamp te onthou

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 170.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig.
OR

Details

Die geliefde en gevierde kortverhaalskrywer Hennie Aucamp is op 21 Maart 2014, slegs twee maande na sy 80ste verjaardag oorlede. In hierdie herinneringsboek word verskillende fasette van sy lewe deur familie, vriende en medeskrywers belig. Onder die familielede wat bydraes tot die boek gelewer het, is sy suster Rina wat herinneringe aan hulle kinderjare op die familieplaas Rus-mijn-ziel opdiep en sy neef Inus Aucamp wat meer vertel van die vestiging van die Aucamp-familie in die Stormberge. Die skryfster Margaret Bakkes, wat ook sy kleinniggie is en op 'n buurplaas grootgeword het, vertel hoe sy en Hennie reeds as kinders teenoor mekaar bely het dat hulle wil skryf. Daar is ook bydraes deur Marius en Christiaan Bakkes, wat oor Hennie se belangstelling in die natuur. Daar is besondere opstelle deur medeskrywers Lina Spies, Aletta Lubbe (gebore Aucamp), Danie Botha en Abraham de Vries, terwyl Daniel Hugo en Joan Hambidge gedigte opgedra aan Hennie gelewer het. Die radiopersoonlikhede Monica Breed en Margot Luyt skryf oor Hennie se ruimhartigheid en sy vriend Nico Loubser oor Hennie se laaste dae. Foto's van Philip de Vos en Marius Bakkes skep 'n visuele beeld van die woordman Aucamp.

Additional Information

Book Condition No
SKU 9781485304746
Author Danie Botha
Dimensions 137 mm x 213 mm
Format Paperback / softback
Pages 100
Published Date 15 Nov 2015
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Biography: Literary
Series No

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.