Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Weerlose weerstand

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 220.00

Quick Overview

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind.
OR

Details

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele orientasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wereldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appelle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat. Die besluite wat geneem is in 2015 is die kulminasie van ’n lang proses wat reeds in die 1980’s begin het. Die boek Weerlose weerstand is ’n persoonlike relaas van die lang, komplekse proses in die NG kerk. Die verskillende verslae wat voor die sinodes gedien het, die besluite wat daaruit voortgevloei het en die stories daaragter word uit ’n persoonlike perspektief behandel. Die boek lewer ’n bydrae om die weerstand van gay en lesbiese persone verstaanbaar te maak vir mense wat sukkel om dit te begryp.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485307877
Author Andre Bartlett
Dimensions 137 mm x 213 mm
Format Paperback / softback
Pages 304
Published Date 1 Nov 2017
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre N/A
Series N/A

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.