Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

So byna blou

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 225.00

Quick Overview

So byna blou is voormalige joernalis Emile Joubert se derde kortverhaalbundel. Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is afstand tussen mense en die onvermoë om werklik kontak met ander te maak. Meeste van die karakters is welgestelde wêreldburgers wat reis, professionele mense, skrywers, uitgewers, joernaliste, fotograwe, elkeen in problematiese verhouding met sy of haar medemens. Daar is verwysings na talle noodlottige liefdesverhoudings, affairs, vreemdelinge wat mekaar in ’n hotel ontmoet, etes in duur restaurante, bloedskande, die Seepunt-promenade, Kaapstad, Parys, vergiftiging op ’n portplaas in Portugal, die wreek van ’n geliefde se dood. Elke karakter is in wese ’n geïsoleerde figuur wat ’n waterskeidingsoomblik beleef waarin sy of haar lewe onvermydelik verander.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Emile Joubert is ’n voormalige joernalis van Die Burger en Beeld, wat tans werk as bemarkingkonsultant in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hy is gebore in Kaapstad, waar hy nog steeds woon, en het sy skool- en universiteitsopleiding ontvang op Stellenbosch. Sy dagtaak is die bestuur en bedryf van kommunikasieprogramme vir van die land se voorste wynkelders, en Emile skryf steeds rubrieke en artikels oor wyn en algemene sake vir ’n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse publikasies. As fiksieskrywer het hy gedebuteer in 2000 met die kortverhaalbundel Die Aptyt van Anna Blow, gevolg deur die bundel Kouefront asook twee niefiksie publikasies oor onderskeidelik hengel en wyn.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485311492
Author Emile Joubert
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband
Pages 200
Published Date 19 Aug 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Kortverhale
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.