Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Veronika besluit om te sterf

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 225.00

Quick Overview

Koop die e-boek hier. 


Veronika het alles wat sy kan begeer – sy is jonk en mooi, met oorgenoeg aantreklike kêrels, ’n vaste werk, ’n liefdevolle familie. Nogtans is Veronika ongelukkig, en een winteroggend besluit sy om ’n oordosis slaappille te drink, maar word dan ’n ruk later in die plaaslike hospitaal wakker. Daar vind sy uit dat hoewel sy lewe, haar hart onherstelbaar beskadig is en dat sy slegs ’n paar dae oor het om te lewe … Die verhaal volg haar deur hierdie intense tyd terwyl sy al haar idees oor die lewe begin bevraagteken. Sy besef spoedig dat elke sekonde van ons bestaan ’n keuse tussen lewe en dood is. Dis ’n roerende en besielende lied aan die lewe, wat ons daaraan herinner dat elke oomblik in ons lewe spesiaal en kosbaar is.


“Coelho skryf pragtig poëties … Hy gee my hoop en laat my glimlag.”


THE EXPRESS


“Die internasionale sensasie, Die alchemis, het Coelho se reputasie gevestig en Veronika het dit herbevestig … intens poëties … Dis ’n kragtige en onthutsende vingerwysing dat ’n mens die meeste van elke dag moet maak.”


TIME OUT


“Een van die min wat die term ‘publikasiefenomeen’ verdien.”


INDEPENDENT ON SUNDAY

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Paulo Coelhois in 1947 in Rio de Janeiro gebore. Hy is ’n topverkoper en een van die wêreld se mees invloedryke skrywers. Meer as 215 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 170 lande verkoop en sy werk is in 81 tale vertaal. Besoek die skrywer aanlyn by www.paulocoelho.com.

“Hierdie Brasiliaanse towenaar laat boeke van die winkelrakke af verdwyn.”

New York Times

“[Coelho se] boeke gee nuwe betekenis aan miljoene mense se lewens.”

London Times

 

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys het in 2015 die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015). Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Additional Information

Book Condition New/Nuut
SKU 9781485310389
Author Paulo Coelho (outeur); Kobus Geldenhuys (vertaler)
Dimensions 213 x 137 mm
Format Sagteband
Pages 240
Published Date 1 May 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Roman
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.