Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Winkel van wanklanke

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 250.00

Quick Overview

Winkel van wanklanke is ’n versameling konkrete poësie – gedigte wat die grense van die gedig as teks en as visuele kunsobjek ophef. Dit is ’n versameling (“’n winkel”) van gedigte, maar is terselfdertyd een kunswerk met onderstaande komponente of bewegings wat tot die geheel bydra. Dit word gedeeltelik in kleur uitgegee, het ’n gedig wat in braille gedruk is, ’n gedig wat op papier gebosseer is, ’n gedig met papier wat in konsertinavorm met die hand deur die digter self gevou is, asook verskeie skakels na die skrywer se webwerf waar videogedigte besigtig kan word. Sodoende word die bundel as objek op papier beklemtoon, maar word die bundel ook na die ruimte buite die papier geneem.


Nie slegs die teks is dus in Winkel van wanklanke belangrik nie, maar oor die ruimte waarbinne dit geplaas word, hóé die woorde op papier gespasieer is, hoe die gedig vertoon, die effek en sensasie van die letters op papier. Deurlopend word die gedigte vergesel met humoristiese en sardoniese kommentaar, woordspel en fyn humor. Vele gedigte is kodes wat deur die interaktiewe leser ontsyfer moet word, en lei tot verskeie interpretasiemoontlikhede.


Winkel van wanklanke is Meyer se debuutbundel en hy skram nie weg daarvan om sowel groot figure in die Afrikaanse digkuns as internasionale kunstenaars soos Jackson Pollock, Picasso en Yves Klein in gesprek te tree nie. Dit is veral ’n konseptuele bundel wat die idee van wat ’n bundel is of kan wees bevraagteken.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Hennie Meyer het homself die laaste dekade as digter van konkrete poësie in die Afrikaanse literêre sisteem gevestig. Sy gedigte het reeds op Versindaba, LitNet, Pomp, Ons Klyntji en Nuwe Stemme 4 (2010) verskyn. Winkel van wanklanke is sy debuutbundel.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781485310310
Author Hennie Meyer
Dimensions 137 x 213 mm
Format Safteband
Pages 83
Published Date 17 Sep 2020
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Poësie
Series n/a

Protea Boekwinkel will be trading
from Monday 4 May 2020, find out more here.